LOS ONS MONUMENTE UIT!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

krfn.jpg
Ondersteun ons

Dankie, ons skakel jou binnekort!

President Cyril Ramaphosa het vanjaar onomwonde in sy Erfenisdag-boodskap gestel dat enige simbool, monument of aktiwiteit wat rassisme ophemel, of Suid-Afrika se “lelike” verlede verteenwoordig, geen plek in ’n demokratiese Suid-Afrika het nie.

Dit moet verskuif of hervestig word.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het teruggekap en sê: “Los ons monumente uit.”

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê die FAK is gekant teen die roekelose skuif van standbeelde met die doel om die verlede uit te wis of weg te wens. Volgens hom voel die FAK dat ’n nuwe samelewing gebou moet word met sensitiwiteit, maar ook met respek teenoor die verskillende kultuurgroepe se perspektief oor hul erfenis.

As deel van FAK se 90ste verjaarsdag in 2019 is ’n Geskiedenisfonds bekendgestel.  

 

“Dit is nie ’n teen-ander-geskiedenisfonds of verhale nie. Ons wil vir Afrikanergeskiedenis opstaan en dié stories vir ons kinders vertel. “Afrikaners wil, in die woorde van Herman Giliomee, soos enige ander kultuurgemeenskap net ’n normale geskiedenis  hê. ’n Geskiedenis met heldeverhale waarop ons kinders trots kan wees, maar ook met foute waaruit ons kan leer,” verduidelik dr. Langner.

 

Volgens hom is Suid-Afrika ’n baie komplekse land met baie nuanse. 

 

“Geskiedenis is altyd subjektief en daar is nie iets soos ’n neutrale geskiedenis nie, maar geskiedenis is nie ’n wapen waarmee ’n mens mekaar moet bykom nie.” 

 

Hy sê daar moet eerstens ’n balans wees, gevolg deur konteks.

 

Een van die FAK se Geskiedenisfonds se hoofoormerke is om gemeenskappe en kultuurorganisasies te ondersteun in hulle groot taak om plaaslike erfenisterreine te bewaar en te onderhou. Daarby beywer die FAK hom ook vir die herstel en bewaring van bestaande Afrikanermonumente, asook die ontwikkeling van nuwe monumente om ons geskiedenis te vier.

Onder die vaandel van die geskiedenisfonds, het die FAK verlede jaar begin om nuwe Afrikanermonumente te bou. Die eerste beelde wat opgerig is, is ’n beeld van dr. NJ van der Merwe, ’n stigterslid en eerste voorsitter van die FAK in Februarie 2019 by die FAK se hoofkantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria en die Penkop-beeld, wat op 13 Junie by die FAK se Udolpho Rivierplaas naby Parys in die Vrystaat onthul is. Vanjaar is die Sorg-beeld op 16 Junie by die Irene-konsentrasiekamp in Centurion onthul en ’n Vrouebeeld, getiteld Opstaan, op Nasionale Vrouedag ter ere aan die ma’s en dogters wat uit die ashope van die verskroeide aarde ’n nuwe toekoms begin bou het ook by Udolpho. 

Die Fakkelmonument in die hoofstraat van Vereeniging is in September vanjaar deur lede van die FAK-Kultuurnetwerk wettig verskuif en na veilige bewaring geneem.

 

In Mei vanjaar het die FAK as deel van sy geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker.

Deel van die hulpprogram is nie net finansiële steun uit die FAK se geskiedenisfonds aan monumente in nood nie, maar ook die uitreik van kultuurkaarte aan FAK-vriende. Deur middel van kultuurkaarte kry FAK-vriende agtergrondinligting oor verskeie historiese plekke, ’n roetekaart na monumente en ook afslag met toegangsgelde. 

Ondersteun die FAK se Geskiedenisfonds en maak ons hande sterker. Saam bou ons nuwe monumente en skep ’n tuiste vir Afrikanergeskiedenis.

JY KAN HELP 

Vandag rus die verantwoordelikheid op die skouers van oupas en oumas, pa’s en ma’s, gemeenskappe en kultuurorganisasies om geskiedenis aan die volgende geslag oor te dra. Die FAK wil graag gesinne, families en gemeenskappe bystaan om geskiedenis en monumente vir die toekoms te bewaar.

Voltooi die vorm hierbo om die FAK se Geskiedenisfonds prakties te ondersteun.